Wednesday, March 29, 2006
Raad aan Jong Mense wat van voorneme is om in London of UK te kom werk in die sekruteits bedryf.
Die skoon maak industry word gedomineer deur Latino’s. Die konstruksie bedryf deur Oos Europiers
Die sekrutiets bedryf in London bestaan uit duisende jong Suid Afrikaners wat hier werk op twee jaar werk en reis visa. Jy kan in baie sekruteits kontrole kamer in loop en jy hoor net Afrikaans.
Maar sedert 20 Maart word die sekruteits industrie beheer deur wetgewing. The Private Security Industry Act 2001
On 20 March 2006 it became illegal to work as, or supply a contracted-in security guard without an SIA licence in England and Wales.
Ten einde om in die Sekrutiets industry te kan werk en ‘n sekruteits lisensie te bekom moet jy aan ‘n by wet vroogeskrewe kreteria voldoen.
Baie jong mense kom onvoorbereid hier aan en ilimineer hulself omdat hul nie vir die Sekruteits lisensie kwalifiseer.
1. Die eerste ding wat jy moet he is ‘n Suid Afrikaanse Polisie klaring wat bewys dat jy geen misdaad rekord het. Bekom dit alreeds in Suid afrika voor dat jy na die UK toe kom. Jy gaan na jou naaste Polisie stasie en jy gee jou vingerafdrukke. Dit is ‘n tydsame proses en jy kan so lank as ses maande wag .SO DOEN DIT VROEGTYDIG. Daar is ‘n fooi wat die polise vra vir die diens iets soos sestig rand. Sou jy dit van hier doen kan dit jou tot duisend vyf honderd rand kos.
2. Die tweede punt is die wet vereis dat jy ‘n werk geskiedenis van elke dag vir tien jaar moet verskaf of indien korter as tien jaar terug tot skool of universitiet. Elke dag bedoel elke dag insluitend elke dag wat jy werkloos was. Jy sal ook moet bewys lewer van die tye wat jy werkloos was.
3. Die derde punt is persoonlike verwysings . Jy sal twee persone moet opgee as verwysing wat jou langer as tien jaar ken of terug tot by skool of universiteit. Die persone sal jou so goed moet ken dat hulle jou tye van wekloseheid kan bevestig.
4. Kom voorberied met name adresse van vorige werkgewers , Skole ,Universiteite , Technikons, Kolegges,. Dit sal jou aansoek on sekruteits werk baie vergemaklik.
5. Sodra jy hier aanland en so gou as wat jy ‘n vaste address het , bestel ‘n lisensie aansoek van die volgende webwerf http://www.the-sia.org.uk/home. So wanneer jy vir werk onderhoude gaan kan jy alreeds se jy het aansoek gedoen vir die lisensie of jy het alreeds 'n aansoek vorm.
Die meeste groot en goeie maatskapy gee gratis opleiding aan hul personeel. Moet nie hier aanland en vir sekruteits opleiding gaan betaal wat jou derduisende rande gaan kos, soek werk by maatskapy wat alles vir jou verniet doen.
As daar enige vrae is, is julle welkom om my via die kommentaar op my blog te kontak en jul email adres daar vir my te laat
