Tuesday, April 11, 2006

 
Hoe klein is die wereld.

Ek doen vanoggend keurings op nuwe applikante. Dit behels om die persoon se werk geskiedenis of akademiese loopbaan te verifieer.

So gebeur dit dat ek vandag Bloemfontein Universiteit moet bel, om vas te stel of die jonge nou werklik daar gestudeer het of nie.

Ek bel maar, dit is van die een nommer na die ander nommer maar ek kom nie reg nie. Rede Paas vakansie in die RSA almal op verlof.

Ek sit so en dink aan vriend Oswald se teorie. Ontmoet jy 'n Afrikaaner enige plek in die wereld en jy noem vier name dan sal jul 'n gemeenskaplike vriend in daardie vier name he.

Met my laaste probeerslag kom ek by 'n baie gawe dame uit. Ek verduidelik aan haar ek is Danie en ek bel vanuit London. Maar sy is ook die verkeerde persoon. Ek is by die besigheidskool en eintlik moet ek by die bemarking studies wees.

Ek vat toe 'n wilde kans en in toepassing van my vier naam teorie.

Vra ek " Mevrou ken jy Wium Adendorff ?"

" Ja" antwoord sy ek ken hom baie goed.

"Wel Mevrou ek is Wium se eie neef Danie van London"

"Wel laat ek jou nou 'n storie vertel, Wium se Ma se suster is met my broer getroud."

"Werklik" antwoord ek.

"Ja Nelida wat getroud is met Robert, Robert is my broer".

So Mevrou dan is ons eintlik dan ver langs aangetroude familie.

"Hoe gaan dit met daai kant van die familie?"

"Wel Nelida is nog by die army , en Robert is mos die Balju maar hy kyk ook maar uit vir iets anders?"

So mevrou as jy hulle sien se maar groete van Danie uit London , Danie dit is nou Dirk se seun Wium se oorlede pa Isak se broer van Newcastle.

Robert het ek seker net drie keer in my lewe ontmoet en twee keer van die drie keer dink ek was op begrafnisse.

Maar Robert sal my altyd by bly , want hy het my konsepsie van die Vrystaat verewig verander met 'n se ding.

So in 'n gesprek eendag se hy toe. Dat daar waarhy vandaan kom in die Vrystaat, mag 'n mens nie in die oggend deur die venster kyk.

Almal van ons verbaas , Vra nou hoekom dan nie?

"Want , dan het jy niks om in die middag om te doen." was sy droee antwoord wat tot groot uitbarsting van gelag onder ons gelei het .

Comments: Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Web Counters