Thursday, April 06, 2006

 
Net Oom is Afrikaans,

Wel dit lyk asof die langste winter in my lewe nou besig is om verby te skuif. Ek het vir die eertse keer Oktober laas jaar amper geverk van die koue en dit het voort geduur tot laas week. Op die vingers gee dit jou 'n hele ses maande. Voel of die somer eiteindelik aangebreek het. Ons het 'n lekker paar dae agter die rug.

Ons beleef een van die ergste droogtes in 100 jaar. Daar is klaar water beperkings in plek en dinge lyk nie te goed so tussen die droogte en die bird flu. Weet nie waarop ek gaan leef as die bird flu toeslaan want hoender is my stapel voedsel. Nie omdat ek wil maar omdat Iceland hoender so goedkoop is.

Gister middag in die Happy snappy winkel toe ek paspoort foto's gaan maak het. Kom hier die verliefde afrikaanse paartjie ingestap. Net hanne en oe vir mekaar. Maar in tipiese afrikaner tradisie , ag hul is tog so goed gemanierd. Se die jongeman vir my " You can be first Sir"
Ek antwoord hom toe maar in afrikaans. "Ag wat ou seun , ek is alreeds gehelp, jy kan maar voor my gaan."
Hy skrik so groot vir my afrikaans, dat hy toe sommer begin afrikaans praat met die winkel assistent , wat onderomstandighede en vir baie goeie redes nie 'n woord afrikaans kan praat want sy is engels sy is in Engeland, sy is in London, sy is in Greenwich.

Dit is toe waar poplap in die storie kom . Sy vra toe vir jonge kom jy reg. Hy antwoord toe.

"Nee dol nie eintlik dit is net oom wat afrikaans praat."

Comments: Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Web Counters