Monday, May 29, 2006
Saturday, May 27, 2006
Die anderdag het suster Trudie kom kuier.
Ek het nou al vir lank se tyd die probleem om aan die mense by die huis die opset hier te verduidelik. Die dualisme wat so verwarrend is .
Daar is Britanje ook bekend as die United Kingdom. Dan is daar Skotland, Wallis en Ierland.
Dan is daar Engeland en dan is daar LONDON.
Nou London is nie Walies of Skots of Engels London is in een woord die wereld .
Nou ry ons so op die bus terug van die lughawe nou verduidelik ek aan Sus Trudie die ding van engels en London.
Die beste manier om dit te ilustreer is luister op die treine of op die busse of jy engels hoor. Nou ons het deur die London getravel vir 5 dae , van hoek tot kant heen en weer maar ons kon nerens Engels hoor. mOns het Spaans, Italiaans, Duits, Frans, Chinese,Urdu, Punjabi , Nigeries Afrika en AFRIKAANS gehoor maar nie Engels.
Ons het gaan shop en in Harrods het Eugene Trollip van Colesberg wat sy hart uit verlang na die karoo ons gehelp of vir swaer Banks Golf Balle te koop . Ons is na Zara Boutiek en daar het Lee Ann van die kaap ons gehelp.
Het julle geweet dat in die bestaan van Eastgate en die Pavillion was ek nog nooit bedien in afrikaans nie maar hier in London shop ek elke dag in Afrikaans.
Laat 'n mens dink waar is die land se kinders en hoekom is hul almal hier .
Harrods maak geld uit die bokke

Friday, May 19, 2006
Sondag Ding is 'n week sewe of agt dae
Sondae ry ek bus werk toe , want die tube stasie maak te laat oop . Nou dit is my gewoonte as ek bus ry om in die eerste sitplek reg voor in die bus te sit. Die naaste sitplek aan die bus bestuurder. Ek basseer hierdie gewoonte op die hypotesis dat die bus bestuurder het natuurlik instink om te oorleef so verder jy weg van hom sit hoe groter kans het jy om te sterf in ongeluk.
Die bus bestuurder is ook die natuurlike punt vir konflik. As jy dink jy het als gesien as 'n boer 'n taxi drywer se moer suur gevloek het in Suid Afrika dat het jy nog niks gesien.
Ek het nog nooit een persoon tee gekom wat soveel "abuse" vat soos 'n London bus bestuurder.
Irritasies is verbind aan die moment. Wat 'n irritasie is op 'n Maandag middag is nie noodwendig 'n irritasie op Saterdag oggend, maar glo my die heel week se irritasie is relevant op 'n Sondag oggend.
Nou ry die bus en ons kom daar in die omgewing van Canada Waters. Hier klim 'n ouboet op.
Ipod om die nek speakers in die ore. Swipe met sy Oyster card wat dubbel beep en loop verby.
Die bus bestuurder roep hom terug, maar hy kan mos nie hoor nie met die lawaai in sy ore. Verbaas toe die busbestuurder hom agter in die bus gaan haal. Die bestuurder maak hom swipe nog ' n maal en daar is weer 'n dubbel beep.
Die bus bestuurder veduidelik aan ouboet daar is nie geld op sy pre-paid Oyster kaart . Nou argumenteer ouboet. Die oomblik toe hy sy mond oopmaak toe weet die hele bus hy is van Suid Afrika. Nou vra ouboet vir die bus bestuurder, is dit betaal vir sewe dae en ry vir ses dae.
Nee se die bus bestuurder dit is betaal vir sewe dae en ry vir sewe dae. "Unbelieveable realy unbelieveable!!! " skree ouboet nou.Terwyl hy in sy sakke rond krap vir 'n pond vyftig vir 'n buskaartjie. Maar ouboet wil nie opgee. hy stry nog een stryk voort. Hy het dan laas Sondag 'n die pre paid kaart gevul met 'n week se krediet en dit is vandag Sondag so dit is een week.
Nou kom die irritasie ouboet het nou al almal se tyd gemors omdat hy nie die bestuurder gehoor het in die eerste plek nie, nou mors sy argument verder ons tyd.
Oom besluit toe maar om ouboet te help in sy eie taal. "Ouboet Sondag tot Sondag is agt dae , en Sondag tot Saterdag is sewe dae, en glo oom dit is betaal vir sewe en ry vir sewe. Maar oom is bekommerd as die "education system back home" jou op gelewer het , wat is dit besig om te doen aan oom se kinders."

Thursday, May 18, 2006
Aangename nuus
Broer Dirk en skoonsus Mariska het van oggend dit is nou SA tyd
dogtertjie ryker geword.
Kleine Karla.
Mag sy jul groot vreugde bring.
Ons gebede met julle.