Saturday, May 27, 2006

 
Die anderdag het suster Trudie kom kuier.

Ek het nou al vir lank se tyd die probleem om aan die mense by die huis die opset hier te verduidelik. Die dualisme wat so verwarrend is .

Daar is Britanje ook bekend as die United Kingdom. Dan is daar Skotland, Wallis en Ierland.
Dan is daar Engeland en dan is daar LONDON.

Nou London is nie Walies of Skots of Engels London is in een woord die wereld .
Nou ry ons so op die bus terug van die lughawe nou verduidelik ek aan Sus Trudie die ding van engels en London.

Die beste manier om dit te ilustreer is luister op die treine of op die busse of jy engels hoor. Nou ons het deur die London getravel vir 5 dae , van hoek tot kant heen en weer maar ons kon nerens Engels hoor. mOns het Spaans, Italiaans, Duits, Frans, Chinese,Urdu, Punjabi , Nigeries Afrika en AFRIKAANS gehoor maar nie Engels.

Ons het gaan shop en in Harrods het Eugene Trollip van Colesberg wat sy hart uit verlang na die karoo ons gehelp of vir swaer Banks Golf Balle te koop . Ons is na Zara Boutiek en daar het Lee Ann van die kaap ons gehelp.

Het julle geweet dat in die bestaan van Eastgate en die Pavillion was ek nog nooit bedien in afrikaans nie maar hier in London shop ek elke dag in Afrikaans.

Laat 'n mens dink waar is die land se kinders en hoekom is hul almal hier .

Harrods maak geld uit die bokke

Posted by Picasa

Comments: Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Web Counters