Sunday, July 16, 2006
Is duiwe jag " Die Duurste Vleis Ooit"?
Dit het als begin met 'n gesprek tussen "ons" , dit is nou ek en die twee seuns wat aan vroulief Linda verduidelik wat ons gaan doen met die duiwe wat ons geskiet het. "Ons" gaan duiwe pastei maak. Vroulief se toe "ons" moet mooi besluit wat "ons" gaan doen want dit ko
m neer op die duurste vleis ooit. Nou hoe het sy tot daardie besef gekom?
Dit laat my ook toe maar dink . Ek het nou eendag gesien in 'n restaurant hier in London , vier duif borsies vir negentig pond dit is nou op 'n goeie dag so plus minus een duisend twee honderd rand in Suid afrikaanse geld omgeskakel.

"Ons " het toe geen ander uitweg , maar weer eens met vroulief se hulp , want sy moes die port verskaf vir die mairnade , om waarde toe te voeg tot ons vleis. Aan die einde van die dag het ons toe 'n duif pastei gemaak en ons het vier duif borsies London Style gemaak , totale waarde een duisend vyf honderd rand en dit het "ons" vrou lief Linda toe maar net twee honderd agt en dertig rand gekos .
Die waarheid is om 'n vrou en 'n ma te he soos Linda saam met duif pastei en aartapple koek is Priceless. "Ons is so lief vir jou"
Dit het als begin met 'n gesprek tussen "ons" , dit is nou ek en die twee seuns wat aan vroulief Linda verduidelik wat ons gaan doen met die duiwe wat ons geskiet het. "Ons" gaan duiwe pastei maak. Vroulief se toe "ons" moet mooi besluit wat "ons" gaan doen want dit ko
m neer op die duurste vleis ooit. Nou hoe het sy tot daardie besef gekom?Wel "ons" is finansieel afhanklik van vroulief Linda, soos sy moes vir die haalgeweer patrone betaal. Dit het haar net mooi Twee honderd agt en dertig rand gekos aan patrone. Dit is nou vir 100 patrone. So elke patroon kos so twee rand agt en dertig sent. Maar oor twee dae se geskiet en 'n volle 100 patrone later kon ons net twintig duiwe wys. Nou die bruikbare vleis vir pastei in twintig duiwe is seker so een kilogram.
So vrou lief wou nie nonsens he as sy twee honderd agt en dertig rand per kilogram betaal vir vleis.