Saturday, July 15, 2006

 
My besoek aan Suid Afrika:

My besoek "home" is 'n jaarlikse instelling met hoogte punte en verseker laagte punte ook.


My opgewondegeit begin algewoonlik so 2 weke voor ek vertrek van die eiland af. Nou daar is vier goed wat my lieries opgewonde maak. Die vier goed is al tradisioneel deel van my" home visit."

1. Ek sien my geliefde vrou en kinders weer.
2. Ouma Harriet se sjokolade koek en Ansie Van Rooyen se Suurlemoentert
3. En die geleentheid vir 'n dag of twee in die natuur en -
4. Swaer Wilhelm se potjiekos

Die laagte punt is seker ek kan nie meer positief oor Suid Afrika raak nie. In die 20 dae wat ek by die huis was is sewe polisiemanne vermoor en elke persoon wat ek teegekom het , het 'n traumatiese ervaring met misdaad gehad. Van ons koshuis matrone wie se suster 'n boervrou van 71 is wie se kop en skedel inmekaar geslaan was met 'n hammer tot Greytown Office se indier aflewerings man wat gekaap was en toe in Muden dood geskiet is elke persoon en elke ras het deurgeloop. Dan is daar ons self as gesin wat vir die eerste keer in 10 jaar wat ons die plaas het nie daar kon gaan jag nie agv dreigemente en dat ons totaal onveilig gevoel het. So die geleentheid vir 'n dag of twee in die natuur was daar mee heen. Maar genadelik het vriend Deon opgemaak met 'n duiwe jag , by Eddie Meyers se plaas. Beide wil ek bedank vir 'n heerlike ervaring waar oor ek later meer volldig verslag sal oor doen.

So was my besoek ook vol verrrassings. Dit was lekker om die twee nuwelinge in die familie te ontmoet. Was heerlik om neef Wium na agt jaar weer te kon sien. Heerlik om met Jaco studie materiaal en studie wenke uit te ruil. Dit laat 'n ou nie so eensaam voel nie. Dit was ook lekker om te sien Oupa Dirk en Ouma Martie kap dit nog so uit.

Die ADENDORFF's het net twee meisiekind klein kinders , die oudste klein kind en die jongste kleinkind. Net mooi so 24 jaar uit mekaar uit.

Comments: Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Web Counters