Friday, July 21, 2006

 
Naam Veranderings: True Democracy

Tydens my besoek in Suid Afrika, is daar met groot gejuig aangekondig deur die Zulu koning dat hy 'n komitee intelektueles en kundiges (weet nie waar hy hul uitgekrap het nie, want in my lewe het ek hul nog nie tee gekom nie.) aangestel het om die Zulu geskeidenis wat deur die wit man verdraai was her na te vors. Onder meer dan sal hierdie kundiges dan aanbeveel dat Natal in Natal Kwa Zulu weg gelaat word.

Wel ek sal graag my bydra tot sy Zulu geskiedenis wil lewer. Die woord Natal kom van die Portugese af wat dit in 14 de eeu ontdek het , presies so drie honderd jaar voor Shaka sy Kwa Zulu gestig het.

Glo my ook dat Umlazi en Kwa Mashu het nie ontstaan agv. apartheid nie, dit is die gebiede waar die swart stamme wat hul nie aan Shaka wou onderwerp heen gevlug het om naby aan die wit man wat in Port Natal of Durban gewoon het te wees, vir beskerming teen Shaka.

Dit was nie almal se "cup of tea" om aan Shaka se nasie bou projek deel te neem. 'n Man wat 'n hout stomp by jou agter end ingekap terwyl jy nog lewet as jy nie "ore gehad het nie" om vir hom te luister. Die vader weet alleen hoe hierdie psigopaat vandag as die groot leier uitgemaak kon word.

Dit was Louis Botha wat tussen biede getree tussen Dingingzulu en die engelse en het selfs hom 'n plaas in die ou Transvaal gegee en hom beskerm.

Die werklike vaders van die Zulu nasie is eintlik die Afrikaner wat na 1948 alle swartes in Natal 'n pasboek gegee het met 'n rasse beskrywing in dit. So het die Afrikaner toe die hedendaagse Zulu nasie geskep deur die vir Shaka en die teen Shaka vreedsaam te almagemeer met mekaar.


Nou skryf een klier kop van die PAC dat die PAC die naamsverandering na Kwa Zulu ondersteun want die woord Natal verteenwoordig " Hollowcast" en Mass Murder" met 'n verwysing na Bloed Rivier. Waar van praat die man daar was nog nie 'n groter Massa moordenaar , plundraar in Natal dan Shaka of is hy ook produk van Herman Gillomee se moderne geskiedenis.

Ek hoor Potchefstroom word Tolwe en Johanesburg Lughawe word die O.R. Tambo lughawe.

My dorpie is Greytown en toe was dit ruk lank Umgungundlovana en nou hoor ek dit is Amatitola. So ek weet nie regtig meer wat dit is .

Nou gaan kuier ek by vriend Deon. Op die hoek sien ek sy straat het twee name soos die foto aandui . Pine straat en Prince Mangosutho Buthelezi. Vir my is dit uiters verwarrend.





Nou se vriend Deon nee ek verstaan nie. Dit is "true democracy " sien as jy wit is bly jy in Pine street en as jy swart is bly jy in Prince Mangosotho Buthelezi street al is dit dieselfde straat.


Comments: Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Web Counters