Thursday, July 20, 2006

 
Navorsing Toon.

My gunsteling nuus hier op die eiland , wat gister sy warmste dag in Julie in die geskiedenis gehad het is navorsing toon.

JOE BLOGG
Wel navorsing toon dat ek een van so twaalf miljoen hier op die eiland is wat my eie blog het.

MISDAAD
'n Ene Proffessor Scase van die Universitiet van Kent, het in navorsing bevind dat die toename in egskeiding gelei het tot die vermindering van moorde.
So moenie vermoor nie skei.

GESONDHEID
Kinders van ryk ouers het 'n groter kans om kanker te kry as die kinders van arm ouers.
Die rede is miskien dat kinders van arm ouers nie eers lank genoeg leef om kanker te kry

TEGNOLOGIE
Navorsers van die Liverpool Universiteit het bevind dat 'n goeie grap binne 180 sekondes via tex boodskap een biljoen mense kan bereik. Dit beteken dat 'n reisende grap via sms 120 duisend keer vinniger as klank trek.

Comments: Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Web Counters