Monday, July 24, 2006

 

Pa se tips

Skyfskiet

Dit behaag my twee seuns Roelf en Dirk om te begin deelneem aan die skiet sport. ‘n Sport wat ek dog sou uitsterf op skool na die nuwe regering in 1992 skool .22’s verban het, so ek was half verbaas toe ek hoor die twee gaan begin skyf skiet maar tog inniglik bly.

Skielik is daar ‘n herleweing in die sport maar hierdie keer is die geweer ‘n windbuks. Ek myself was op my dag nie ‘n te vrot geweerskut maar ek kon nie dieselfde se van my pistool skiet vermoëens.

Maar tog het die sport my altyd gefasineer. Dit is uitsluitlik ‘n sport waar jy teen jou eie vermoëens kompeteer. Dit is jy jou geweer en jou teiken. Jy kan nie ‘n skeidsregter of iemand wat ‘n onregverdig beslissing maak veroordeel of enigiets anders dan jouself blameer as jy faal om sukses te behaal.

Soos elke ding in die lewe is daar ‘n resep om suksesvol te wees so ook in skyfskiet.

Ingesteldheid

Eerstens jou ingesteldheid: Jou ingesteldheid sal bepaal hoeveel energie jy gaan insit in jou sport.

Hier wil ek ‘n voorbeeld neem van oud kollega wat elke dag tydens sy middag ete sy konsentrasie en skiet possisies sonder ‘n geweer geoefen het. Dit was aanvanklik komies om hom dop te hou hoe hy honderde keer op sy knie af gegaan het en gemaak of hy ‘n geweer in sy hand gehad het of op sy maag gaan le en aanle na ‘n denkbeeldige teiken. Wat was sy belonging aan die einde van die dag het sy skiet houding so natuurlik gekom dat hy die nasionale skiet kampioen geword het.

In 1967 het Gary Player ‘n bo gemidelde aantal houe van die sandput direk in die gaatjie in ge slaan. Een sports komentator was van mening hy was uiters gelukkig , waarop Gary geantwoord het hoe meer jy oefen hoe gelukkiger is jy. Gary Player het een van die beste sandput spellers in die geskiedenis geword. Die feit was Gary Player het daagliks duisende sandput houe geoefen. Hy het nooit die bedoeling gehad om die bal naby die gaatjie te slaan of net tot op die setperk elke hou wat hy geoefen het en elke hou wat hy gespeel het in kompetisie uit daardie sandput het hy geslaan met die bedoeling dat dit in die putjie te val. Hy het net uitvoering gegee aan sy bedoeling. So is dit dan met skyfskiet . Elke skoot wat jy aftrek is bedoel om in die kol te wees. So hoe harder jy oefen hoe beter sal jou uitvoering wees en jy sal die kol tref.

Tiger Woods het Sondag die Britse ope gewen. Na die toernooi het hul hom gevra wat is sy geheim vir sukses. Hy het geantwoord . Hy glo in homself ( so hy het die selfvertroue) . Jy skakel die skaelaar aan op die eerste hou en jy hou dit aan tot op die laaste hou van die toernooi. So in sy gedagtes speel hy nooit 'n slegte hou. Gedurende die hele spel sit jy dieselde energie in elke hou. Jy sit nie meer of minder in verskillende houe. So jy behou fokus. Maar wat se energie sit hy in elke hou? Hy sit absolute alles in elke hou absolute net sy beste. So is dit met skyf skiet.

Jy kry vyftien skote. Weereens elke skoot is 'n ritueel, beplaning visialiseering en afdruk. Elke skoot veries jou beste vir vol punte. So as jy die Tiger Woods van skyfskiet wil wees doen wat hy doen , glo in homself en gee jou alles.

My lesse vir suksesvolle en genotvolle skyfskiet.

Les 1. Veiligheid

Jou windbuks kan iemand doodmaak of vermink. So jy hanteer dit op so ‘n manier dat in geen omstandighede dit moontlik is om ‘n ongeluk te maak.

  1. Jy mik nooit na iemand.
  2. Jy veronderstel altyd 'n geweer is gelaai. Daar is nie 'n ding soos "EK DOG" of jy is seker of jy is onseker. Die duiwel kan nie 'n geweer laai , net 'n mens.
  3. Jy loop nooit met gelaaide geweer.
  4. Jy gee bewustelik aandag aan vieligheid elke keer as jy jou windbuks hanteer.
  5. Jy raak nooit aan 'n ander man se geweer sonder sy toesteming nie.
  6. Jy skiet nooit 'n skoot as jy nie honderd persent seker is die skoot is veilig.
  7. Luister na bevele op skietbaan en kom altyd skietbaan reels na.
  8. Werklike geweer veiligheid, benodig nie intelek maar oefening.
  9. Moet nooit jou geweer buite jou sig laat.
  10. Hou weg van kinders.
  11. So deel van jou skyfskiet oefening is geweer beveiliging. So meer jy dit oefen hoe veiliger sal jy wees.

Les 2. Etiek en Belangstelling

  1. Skyfskiet is ‘n motorise vermoë ontwikkel deur korrekte repitiesie.

Oefen en oefen en oefen en oefen en oefen en oefen. Doen jou posisies asemhaling oor en oor en oor.

2. Natuurlike vermoëens het niks of bitter te doen met skiet vordering.

Oefen en oefen en oefen en oefen en oefen en oefen.

3. Sommige skutters doen aanvanklik sleg aan die begin ander weer

goed. Maar om sleg te doen aan die begin is geen aanduiding van jou

uiteindelike sukses. Solank daar groei is in jou vermoeens. As jy hard probeer word jy nog

steeds die kampioen NB. Hou dagboek van jou vordering

Oefen en oefen en oefen en oefen en oefen en oefen.

Les 3. Skiet posisies

In skyfskiet is daar net een posisie en dit is die regte posisie.

1. Staan Posisie

Draai jou ligaam 90 grade van die teiken.


Voor jy die sneller aftrek moet jy bewustelik na die volgende kyk in jou posisie.
Jou posisie moet ontspannend wees en natuurlik.


2. Kniel posisie


3. Le Posisie

Is self verduideliking


Les 4. Geestelike voorbereiding

Wat is die verskil tussen skuts wat almal dielfde tegniese vermoëens het . Die wenner het self vertroue. Die skut wat self vertroue het is vry. Hy is vry om uitvoering te gee aan sy plan. Hy is vry van negatiewe gedagtes en sy gedagtes is nie by sy opposisie maar by homself en ‘n swak skoot is nie in sy gedagtes nie.

Kan julle nog onthou hoe het Oom Piet Posthumus vier Rooi bokke in drie sekondes in 'n kniel possisie geskiet het. Hy het daardie posisie miljoene kere geoefen en hy het die selfvertroue gehad om akkuraat te skiet , hy het geen twyfel in hom gehad

Hoe kweek jy selfvertroue?

Jou moet oefen en oefen en oefen en oefen en oefen en oefen.

Voor kompetiesie voorbereiding:


Jou geestelike voorbereiding begin lank voor die kompetisie. Kweek vir jou ‘n voor kompetisie roetine , wat jy uitvoer elke dag wat jy oefen . so doen wat jy sal doen voor ‘n kompetisie wat jy doen as wanneer jy skiet baan toe gaan om te gaan oefen. Kyk na jou uitrusting is jou skiet klere drag gemaklik. Het alles met jou geweer in orde. Is jou geweer skoon. Is al jou goed bemekaar en georden. Bou ‘n voor kompetiesie roetine , fokus jou self geestelik positief en bou ‘n voor kompetiesie roetine.

Vermy negatiewe gedagtes . ‘n Negatiewe gedagte is “Wat gaan ek doen as ek ‘n swak skoot skiet”. Positiewe gedagte is fokus op ek gaan wen, of my gemiddeld is 120 uit 150 vandag gaan ek 130 uit 150 skiet. Ontspan deur aanhoudend in jou gedagtes positief perfekte skote te visiualiseer. Goeie skuts fokus op dinge wat binne hul vermoëens is om te bereik soos 'n prent in hul gedagtes van hul skiet possisie, hoe hul aanle na die teiken . Elke skoot in jou gedagtes is ‘n individuele gebeurtenis. Jou moet oefen en oefen en oefen en oefen en oefen en oefen.

Wanneer jy oefen fokus op jou problem areas. Drill die oplossings vir jou probleme in jou deur te oefen en oefen en oefen en oefen en oefen en oefen.

Laat ‘n gevoel van kalmte en saligheid oor jou stroom voor jy daardie sneller afdruk.

Konsentreer op asemhaling posisie en visualeer jou suksesvolle skoot in die kol.

OTHOU MENS DRUK ‘N SNELLER MENS TREK NIE ‘N SNELLER

’n Kardinale deel van jou voorskiet voorbereiding is jou geestelike voorbereiding. Baie skuts sny hulself heeltemal af in hul gedagtes , hul luister na hul gunsteling musiek en focus, focus, focus op wat hul wil bereik.

Wanneer jy jou roetine in jou in geoefen het sal jy met self vertroue kan skiet. Deur jou skiet oefening sal jy die fisiese vermoëens ontwikkel om beter te kan skiet en jou punte sal verbeter. Aan die einde van die dag sal jy dan geestelik en fisies ‘n baie kompeteerende skut wees.

Dirk en Roelf sterkte ek hou julle dop. Onthou ons neem aan sport deel om dit te geniet en so goed as dit is om te wen so moet mens ook soos 'n man sonder verskoning kan verloor. Slegs dan is jy 'n sportsman.

Julle moet oefen en oefen en oefen en oefen en oefen en oefen, met ‘n geweer sonder ‘n geweer, droee lopies

Tip aan Ma

Geduld geduld geduld geduld


Comments: Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Web Counters