Friday, August 04, 2006
Die Waarde van die regte Woorde
Ek het nou al voorheen geskryf van hoe gou hierdie klomp moerig kan raak , as iets verkeerd loop op die openbare vervoer stelsel.
Nou die Jubilee moltrein is die enigste een in London waar daar 'n deur is tussen die platform en die trein. So die trein bestuurder moet die trein presies regoor die deure op die platform parkeer anders kan jy nie op of af klim van die trein.
Ons kom op die eerste stasie en ons skiet verby die posisie waar die deure gekalibreer is om saam oop te gaan . Die trein bestuurder moet met groot moeite terug in tru rat beweeg. Nou dit vat tyd. Ek kyk rond en ek sien die manne is onmiddelik moerig.
Ons kom op die tweede stasie en daar gebeur dieselfde ding weer. In elke kompartement is 'n nood interkom stelsel wat jy met die trein bestuurder kan praat. In 'n oogwink is een ou op die interkom stelsel , kan die bestuurder dan nou nie eers 'n F%& EN trein reg parkeer nie.
Die bestuurder kom nou op die openbare luisdspreker , en vra vir almal om kalm te wees en geduldig hy het 'n probleem.
Toe die trein bestuurder begin praat kon jy duidelik aan sy aksent hoor hy is van iewers daar in sentraal afrika. Dit lei ook sommer toe tot klomp rassitiese opmerkings in die kompartement.
Nou kom ons op derde stasie en daar gebeur dit toe weer. Maar glo my voor enige iemand iets kon se toe kondig onse afrika broer aan oor die luidsperker stelsel.
" Ladies and gentelman this is a honest mistake accident". Nou het afrika broer almal uitgeboul , want sien hy het elke hoek van waar 'n aanval kan kom gedek. Dit is eerlik, dit is 'n fout en dit is 'n ongeluk.
Die resultaat nie een woord van enige passesier , en vir my , hy het my laat wonder hoeveel honest mistake accidents het ek al in die lewe gemaak.