Wednesday, August 09, 2006
DINGE WAT PLA
Misdaad in Suid Afrika bly 'n ongelooflike ding , veral as jou gesin daar is en jy is hier , maar ek het op Beeld die volgende twee briewe gekry wat dit opsom wat dit is om in die buiteland te woon. Ek deel die skrywers se sentiment.
Die reënboognasie is weg
Jul 28 2006 11:27:00:937AM - (SA)
Hallo SA!
Ek het vanoggend wakker geword en weereens die tannie van 87 jaar met haar hospitaal-karretjie die pad sien afstap... stoksielalleen soos sy elke oggend doen. Die ander pasiënte stap met hulle pajamas bedags deur die woud vir oefening en vars lug...sonder angs.
My seuntjie se klassie was laasweek die hele week in die woud alleen saam met twee juffrouens; elke dag vir drie ure sonder enige sekuriteit en angs... hulle het vissies gevoer, bruê gebou en alles omtrent die veld en woud geleer... mense swem tans in die verwoede somertemperature sommer in riviere... sonder angs.
Wanneer ek en my man 'n aandjie uit geniet, ry die babaoppasser per fiets na 23:00 huistoe... sonder angs. Kinders stap elke dag alleen skooltoe, sonder angs. Inteendeel hier is daar nog tyd dat die verkeersafdeling van ons dorp die kinders self aan die hand neem en oor die pad help...
Ons het geen diefwering, elektriese heining, of 'n alarm nie... en hier bestaan nie iets soos 'n maandelikse uitgawe na een of ander vorm van sekuriteitsmaatskappy nie... inteendeel hier bestaan nie iets soos 'n muur nie... almal se erwe loop in mekaar in ...
Daar is ook nie iets soos 'n afgebakende groep huise wat met een of ander wag by die hek die mense so te sê "oppas" nie...
Die meeste mense se motors staan die heeldag orals in die strate want hier is eenvoudig nie plek vir garages nie ... en geen ruit word oopgebreek by 'n robot nie... my handsak lê oop en bloot op my sitplek bedags!
Tannies ouer as my ma, ry per fiets winkel toe, groet mekaar en los sommer die fiets (baadjie en al) voor die winkel om die dag se groente te gaan koop...
Ek kan alleen by die huis bly wanneer my man in die buiteland is, en enige tyd in die nag opstaan, kombuis toe loop om 'n kind dalk hoesmedisyne te gee ... sonder angs ...my buurvrou lê in haar bikini en slaap op haar stoep, en al die deure staan oop... sonder angs.
So kan ek dit vir julle opnoem... Hier waar ons bly is nog tyd, respek en reëls!! En die beste van alles is, ons is veilig.
Klink soos 'n brief uit die hemel...is daar nog so 'n plek?
Ja, maar waar ons rus gevind het is meer as 10 000 km ver weg uit Suid-Afrika! Ons bly in die suide van Duitsland. En as enige iemand dink so 'n getrekkery oor die water die vreemde in is maklik, praat gerus eers met my. En nee, ons het nie geemigreer nie, ons is tydelik hier . . . want tans is my land waarvoor ek so lief is, nie meer veilig vir my en my kinders nie.
Ons reis baie, en is bevoorreg om baie lande te kan sien. En waar ek oral was, selfs in Duitsland, kan mense ons nie glo as jy hulle vertel hoe ons in Johannesburg gelewe het nie...Soos die Duitsers sê: "Das ist verruckt!" (Dit is totaal banaal/ absurd) Ek was moeg om my seuntjie in sy bed te sit en om dan weereens te bevestig dat die alarm wel gestel is...op sy vraag wat sou gebeur as die alarm wel afgaan, kon ek maar net dit wegpraat...want die hemel weet, die alarm kan maar afgaan, dit gaan niks aan ons veiligheid doen nie...
Is daar nog enigsins 'n dorp of plek wat veilig is? Almal, maar almal ken iemand wat vermoor is... ek lees in die koerant dat daar vanaf die 12 de Julie 'n totaal van 422 mense in Libanon en 42 mense in Israel in die huidige oorlog dood is... hoeveel word nie bedags in Suid Afrika vermoor nie? Is Suid Afrika nie in 'n veel erge oorlog betrokke nie? Ons moet dit eenvoudig aan die wêreld vertel...
Ek is genooi om as spreker op te tree by die Wêreld-biddag vir vroue wat vanjaar op Suid-Afrika gefokus het... en was geskok oor die onkunde van die wêreld oor Suid-Afrika... hier op televisie sien en hoor 'n mens net een ding.....vigs en Mandela!!! Wat op aarde is fout mense?
Suid-Afrika is so 'n pragtige land met so 'n ryk kultuur, maar dit alles beteken niks as 'n mens nie die veiligheid van jou landsburgers kan waarborg nie.
Ons mense wat in die buitland bly, lê snags wakker en wonder of ons geliefdes nog lewe... as ek een wens vandag het, dan is dit om alle kinders en mense wat elke dag so hard probeer om vooruitgang in Suid-Afrika te bewerkstellig, saam met my weg te neem na 'n veiliger plek. Dis baie makliker om eenvoudig oor te begin.
Ons het pas hier die Wêreldbeker-sokker aangebied... en mense, daar was nie een haartjie uit sy plek nie... ons kan dit eenvoudig in Suid-Afrika nie vir die buitland waarborg nie. Dit help nie eers om iemand die skuld te probeer gee nie. Ons moet eenvoudig almal begin saamstaan en aan oplossings begin dink.
En dit geld elke Suid-Afrikaner waar hy of sy hom/haarself tans oor die wêreld bevind. Ons was 10 jaar gelede 12 egpare in ons Bybelstudiegroep, en slegs een paartjie is nog oor in Suid-Afrika...die res almal weg! En nou praat ek nie eers van ander vriende en familie wat ook "weg" is nie...
Gaan vanaand en stel jou self bekend aan jou bure. Ken mekaar, breek alle skanse af. Bied jou hulp aan by die polisie. Hier in Duitsland ken ek meer mense in my direkte omgewing as wat ek in my hele lewe in Suid-Afrika geken het. Ek het nog nooit soveel hulp en vriendelikheid ontvang nie. Mense stap eenvoudig oor en hou nie op met bel en vra tot jy sê dis nou genoeg nie.
Maar elke ou hier rond is omtrent 'n vrywillige polisieman!
Hier is ook probleme en duisende goed wat my eenvoudig nie aanstaan nie, maar die mense is veilig. Tans is daar 'n groot projek om Duitsland se grense te versterk ...nie soos Suid Afrika wat die totale Afrika se mense 'n lê-plek aanbied nie... hier het ons 48 uur gehad om onsself aan te meld by die plaaslike polisiestasie. (Ten spyte van die feit dat my man se werkgewer hom hierna toe gestuur het). Hier loop jy as buitelander elke dag met jou paspoort by jou...
Armoede en klasseverskil is orals in die wêreld. Maar die totale chaos en absurde moorde onder al die kleure van die reënboog in Suid-Afrika is verregaande! Hoe kan enige vooruitgang gemaak word as mense mekaar nie vertrou nie? 'n Mens is te bang om jou buurman te groet!
Nee, mense, die res van die wêreld leef nie so nie en dis tyd dat ons dit moet vertel! Ek het.
Anriëtte Conradie Duitsland
Kom kyk hoe min misdaad hier is
Jun 26 2006 11:48:04:580AM - (SA)
Dit was 'n gewone Sondagmiddag. Oom en Tannie Dercksen, 82 en 78 jaar oud, het soos gewoonlik die middagmaal geëet op hulle plot in Benoni.
Daarna, soos hulle die 70 jaar daarvoor gemaak het, het hulle gaan lê. 'n Man het verby geloop en besluit hy wil die kos wat op die tafel oorgebly het steel. Aanvaarbaar.
Hy het uitgegaan en dit op die sypaadjie gaan eet. Toe besluit hy dat hy ook die TV en ander elektriese goed kan steel en verkoop.
Maar die ou oom, my pa se broer, word wakker en betrap hom op heter daad. Die skurk gebruik 'n tafelmes en steek Oom Ben daarmee dood.
Hy laai hom op 'n kruiwa en gaan gooi sy lyk agter in die plot toe onder strooi.
Bloeddorstig keer hy terug, want hy moet die TV gesteel kry. Hy kry die tannie in die kamer en vermoor haar met 'n elektriese koord. Ook haar lyk word op die kruiwa gelaai en na dieselfde plek weggestoot.
Binne ses maande het ons twee Toyota-bakkies verloor, 'n poging om ons HiAce te steel is gefnuik, groot skade is gely met drie inbrake by ons kantoor en ons huis.
Toe besluit ons dis genoeg en ons emigreer. Nou, na 10 jaar in die vreemde, het ons nog nie 'n sleutel vir ons voordeur nie, vir geen deur in die huis nie. Ja, misdadigers kom in elke gemeenskap voor, maar hier is hulle so skaars dat ek nie eers my huis sluit as ek vir 'n naweek weggaan nie.
En niemand in SA wil my glo nie. Kom kuier en kyk gerus self.
J. Smith, Tyler, Texas