Wednesday, August 09, 2006

GESEENDE KERSFEES
Dit is met groot lawaai dat twee van die grootste afdeling winkels gister hul kers verkope kampanjes geloods het. Die een winkel is Harrods, wat gister op 'n opervlakte van oor die drieduisnd vierkante menter hul CHRISTMAS WORLD met 'n kersvader geopen.

Insigewend is die nuus van die kers inkope kampanje was nie in die gewone nuus geraporteer maar het groot bohaai gemaak in die finansieele nuus blaaie. Dit is nog 138 dae tot kersfees en vir mense soos ek , wat nie dae kan tel dit is nog so amper 5 maande tot kersfees. Hierdie kampanjes som vir my op die betekenis van kersfees in die sekulere wereld. Net nog 'n sake transaksie
Mag ons wat glo, nooit die werklike betekenis van die geboorte van Jesus vergeet, en dat ons elke dag sal vier ter ere van sy oorwining vir ons die sondaars.
