Thursday, April 27, 2006

 
JA AFRIKANER MAN,

Die vraag is seker. Hoe gaan dit met die studies? Wel dit gaan goed . Geniet en dit is lekker.
Dit moes seker ook maar gebeur het. Dit het nou al twee keer met my gebeur dat ek so verdiep in my boek raak dat ek die stasie waar ek moet afklim , verby is.

Ek studeer in blokke van 40 minute nie langer as twee ure. Maar partykeer is ek so opgewonde dat ek nie kan wag vir die volgende 2 ure , so al wat ek kan se ek geniet dit al is dit 'n moerse klomp werk.

Nou is die vraag wat leer ek? Nou leer ek so van waar woorde vandaan kom.
"leadership" is oorpronklik van die weermag en "heirargie" kom van die kerk se woordeskat en woorde kom uit tydperkte waar die spesifieke instansie in beheer was .

Toe leer ek vanwaar "BOSS" vandaan kom , nou se die boek die woord kom van die afrikaanse woord "baas" , en is direk verbind aan die afrikaner man se bestuurstyl. Julle was mos 'n instansie en julle was mos vir 'n tydperk inbeheer.

Ek se toe maar vir myself julle is maar net 'n paar miljoen maar AFRIKANER MAN , dat jy tot in Engeland se top Universiteite se bestuurskole 'n inpak het. Wie sou kon dink dat jy op dieselfde bladsy as latyn, ou grieks , en hebrews genoem word.

Comments: Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Web Counters