Thursday, April 06, 2006

 
Studente lewe

Wel die orienterings naweek by die universiteit het gekom en gegaan. Was lekker en dit was interesant.Die eertse vraag is , is ek bang vir dit wat voor le. Nee ek is nie , moet erken dat ek bietjie oorweldig is met die intensiteit van my kurses.

So vyf dae is verby wel ek het darem my eerste 10 ure studie tyd agter die rug. Brein voel gemuf maar metter tyd sal dit seker beter gaan .

Die eerste ding wat ek mos afleer is om in die oggend die vry koerant te gryp vir my uur op die underground. Wel nou is dit een of ander MetaLIb Journal printout on mangement wat my vergesel op my rit.

Tyd bly maar altyd 'n kwessie. Ek het gedink ek is 'n kitskos expert maar ek sal nou met die studies self dit aandag moet gee om nog gouer en vinnger kos te maak en om agter die boeke in te kom. Daar is mos 'n ding so 'n studente dieet . Sal seker nie dooi.

Comments: Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Web Counters