Thursday, July 27, 2006

 
BOB ' O' BOB

Dit is nou waar van die ou spreek woord. Gister se vyande is vandag se vriende.
Nou waar om sal Bob ( Robert Mugabe) nou eweskielik my respek he en my vriendskap.

Wel Bob het ook 'n seun , en die anderdag kry Bob toe die skoolfonds rekening. Dit gee hom amper 'n hart aanval geen ouer kan dit bekostig het hy te kere gegaan oor 'n rekening van so R7000 vir 'n jaar. Hy het toe summier sy Minister van Onderwys instruksie gegee dat hy 'n wet moet maak wat sy seun se skoolfonds halveer na R3500. per jaar, en sien in 'n oogwink is daar toe weer 'n toekoms al is dit teen half prys. .

Bob ewe skielik het ek gewens dat jou sommer die landjie suid van jou ook moet regeer, want sien ons moet so R39 000 per jaar aan skoolfonds en koshuis fooie betaal. As jy wil uitbrei Suid, wees verseker van my kruisie agter jou naam. Ek dink die hele wereld mis verstaan jou. Jy is 'n man wat elke pa mee kan identifiseer. Jou aksies spreek vanself.

Navorsing Toon

Navorsing gedoen deur die Universiteit van Queensland in Australia het bevind dat dronk mense vier keer meer om val as mense wat nie drink nie.

Wetenskaplikes van die Universiteit van Oxford het in 'n nege jaare lange studie gevind dat olifante nie daarvan hou om heuwels en berge te klim maar hul verkies eerder oop vlaktes.

HELP MY..........!!!!!!!!




Comments: Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Web Counters